Hoër Volkskool hou kleurgala

Hoër Volkskool op Graaff Reinet het onlangs hul jaarlikse kleuregala aangebied en ’n hele paar rekords is verbeter.


Hoër Volkskool op Graaff Reinet het onlangs hul jaarlikse kleuregala aangebied en ’n hele paar rekords is verbeter.

Llewellyn Crewe-Brown en sy jonger sussie, Marlien Crewe-Brown het met die titels as Victor en Victrix Ludorum van die dag weggestap.

Llewelyn het aan sewe items deelge-neem en al sewe se rekords verbeter. Marlien, ’n graad 8 leerder, het ook drie rekords verbeter.

Daar was egter baie goeie kompetisie vir hierdie twee swemmers en hulle moes hard werk om bo uit te kom.

Llewellyn Crewe-Brown het die volgende rekords verbeter: 200m Individuele Wisselslag met drie sekondes, 200m vryslag met vier sekondes, die 100m vryslag rekord wat deur Oliver Dippenaar opgestel in 1994, 100m vlinderslag, 100m rugslag met 6 sekondes, 50m rugslag en die 50m kruipslag.

Marlien Crewe-Brown verbeter die volgende rekords:die 50m vlinderslag rekord wat in 2010 deur Chante Coetzee opgestel is, die 50m borsslag rekord wat in 2002 deur Ernsl Conradie opgestel is, en die 100m Individuele Wisselslag rekord wat in 1991 deur Jo-Ane Nel opge-stel is.

You need to be Logged In to leave a comment.