GROOT opgewondenheid het by die Hoër Volkskool geheers toe 70 gr. 7-leerders en ’n groot groep ouers dié skool se opedag bygewoon het.
Tydens die opedag is ’n geleentheid ge-skep om die skool beter te leer ken op ’n ontspanne en interessante manier.
’n Besonderse dansvertoning op die verhoog het almal in die saal meegevoer met klank en ritme. Die leerlingraad het as modelle opgetree.
Elke voornemende leerder het ’n volledige inligtingstuk ontvang rakende al die skoolsake.
’n Verskeidenheid groepaanbiedings is baie deur die leerders geniet.
Skyfskiet was vir sommige die eerste ervaring om ’n sneller te trek en die ontleding van longe het ’n paar lighoofdig gemaak en ander nou al laat besluit om eendag ’n dokter of veearts te word. ’n Paar chemiese reaksies, en selfs ’n ontploffing of twee, het die adrenalien behoorlik laat pomp.
Koekversiering het die kreatiwiteit van die leerders getoets en ’n kompetisiegees tussen die groepe geskep.
’n Besoek aan die koshuis was ook op die program.