DIE gr. 11-besigheidstudiesklas van die Hoër Volkskool in Graaff-Reinet het verlede Donderdag Montego op die dorp besoek.
Die klas het meer geleer oor die sekondêre sektor en bestuur van die besigheid. Die leerders was veral beïndruk met hoe so ’n groot maatskappy familiewaardes inkorporeer.
Die klas het Wilfred van der Merwe vir sy uitstekende toer en les oor die tennisbal bedank, asook vir Montego wat dit moontlik gemaak het.

