In die foto is, van links Adriaan Marx en Luan Nel. Agter is Gary Junies, Jana Wagener, Wilke van Zyl, Lara du Plessis, Stephan Lategan, Heinz Bertram en Dougie de Klerk van die DBV (heel agter). FOTO: VERSKAF


DIE Hoër Volkskool in Graaff-Reinet het die eerste kwartaal goed afgesluit.

Van Volkskool se leerders- raadslede het elkeen ’n leiband na die Dierebeskermingsvereniging (DBV) saamgeneem en met die honde daar gaan stap en bietjie met hulle gespeel.

Die leerders kon nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde die honde was oor die aandag wat hul gekry het nie.

Graag doen Volkskool ’n beroep op elke lid van hul gemeenskap om ’n verskil te maak en een van die honde aan te neem.

Hulle het ook hul dank uitge-spreek aan Montego vir die sak hondekos wat hul geskenk het en wat aan die DBV oorhandig is.

You need to be Logged In to leave a comment.