Hoër Volkskool ruiterkuns-uitslae

Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskapsbyeenkoms by die Bloemskou van 24 tot 28 April.


Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskapsbyeenkoms by die Bloemskou van 24 tot 28 April.

Die ruiters het hier deelgeneem aan uitdunne vir die Kampioen van Kampioene, wat ’n glans- geleentheid is waar die top 8 ruiters van 18 jaar en jonger teen me-kaar deelneem.

Zileke de Jager is gekies vir die top 8 van die 5-gang finaal en het ’n algehele sewende plek in die finaal behaal.

Zanki Botha het deurgedring na die top 8 in die 3-gang finaal waar sy ook in die sewende plek geëindig het.

In die Suid-Afrikaanse Kampioenskapklasse het Marichen Piek en Zanki Botha skitterende plasings behaal.

Marichen Piek het as die Suid-Afrikaanse Kampioen 3-gang Ruiter van 18 jaar en onder geëindig, terwyl Zanki die Suid-Afrikaanse Kampioen 3-Gang Ruiter van 14 jaar en onder is. Sy is ook gekies as ’n reserwe Suid-Afrikaanse Kampioen 5-gang Ruiter van 14 jaar en onder.

Sy het ook ’n derde en twee vierde plekke in die Kinderryperdklasse van 14 jaar en onder behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.