Van links is Celine Kirstein, Justin Gafoor en Linda Lötter. Foto:Verskaf


Justin Gafoor, Celine Kirstein en Linda Lötter van die Hoër Volkskool in Graaff-Reinet het op 1 Junie aan die ATKV redenaars se halfeindrondte vir die Suid- en Oos-Kaap by die Hoërskool Outeniqua in George deelgeneem.

Justin en Linda het aan die onvoorbereide toesprake vir Afrikaans Huistaal (gr. 10-12) deelgeneem. Justin was onder die top tien in die agtste posisie.

Celine het aan die voorbereide toesprake in Afrikaans Huistaal (gr. 10-12) met die onderwerp “Die koue kloue van my koue kluis” deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.