Hoërskool Cradock bied noodhulp-inligtingsessie aan

OP 9 Februarie het 30 van die Hoërskool Cradock se leerders ’n noodhulp-inligtingsessie bygewoon.


OP 9 Februarie het 30 van die Hoërskool Cradock se leerders ’n noodhulp-inligtingsessie bygewoon.

Die sessie is aangebied deur die span van Langamed, ’n privaat ambulansdiens van Cradock. Die doel van hierdie sessie was om die noodhulpspan te bemagtig om ’n verskei-denheid algemene sportbeserings te behandel. Tydens hierdie sessie het elke leerder ook die geleentheid gehad om hul nuwe kennis prakties toe te pas.

Die skool is besonders trots op hierdie groep leerders, die grootste aktiewe noodhulpgroep uit die omliggende skole. Daar is tans ongeveer 70 leerders in die noodhulpspan van die Hoërskool Cradock. Ses CHS-leerders het reeds in 2017 hul vlak 1-kwalifikasies ontvang. Drie leerders het ook reeds hul vlak 3-kwalifikasies behaal en twee van hierdie leerders het op 9 Februarie gehelp om die ander leerders op te lei.

Hierdie is ’n pragtige getuienis van die leerders se toewyding tot noodhulp, aangesien leerders alle kursusse ná ure en op eie onkoste bywoon en voltooi.

Die skool bedank ook Hugo Barendse en die Langamed-span vir hul wonderlike ondersteuning en die belegging wat hulle maak in die lewens van CHS-leerders.

ANY NEWS TIPS?

Send an email

to express@

media24.com

You need to be Logged In to leave a comment.