DIE o.15-krieketspanne van die Hoërskool Cradock (CHS) en Michausdal het op 1 Februarie in Cradock kragte gemeet.
CHS het eerste gekolf en 126/4 aangeteken in hul toegelate 25 boulbeurte. CHS se beste kolwers was Musa Green met 18 lopies, Denzel Meyers met 18 lopies en Patrick Lord wat ’n onoorwonne 37 lopies aanteken.
CHS se boulers het Michausdal uitgeboul vir slegs 69 lopies. CHS het dus die wedstryd met 57 lopies gewen. Patrick Lord het twee paaltjies in drie boulbeurte geneem en slegs ses lopies afgestaan. Musa Green het gehelp om drie paaltjies te laat kantel in drie boulbeurte en het slegs agt lopies afgestaan. Albei boulers is goed bygestaan deur Denzl Meyers, Sibo Poyo en Nthando Jacobs.
– MEDEWERKER