DIE Hoërskool Cradock (CHS) se oudsko-lierebond is druk besig om die skool se reü-nie-naweek van 8 tot 12 Augustus te reël.
Die naweek val vanjaar weer saam met die jaarlikse interskole-kragmeting teen Gill-Kollege van Somerset-Oos waar in ten minste sewe sportkodes meegeding gaan word.
Die reünie begin Woensdagaand, 8 Augustus, om 19:30 met ’n formele onthaal vir borge en vriende van die skool en op 8 en 9 Augustus word al die sportsoorte op CHS se sportterrein afgehandel.
Donderdagaand is daar ’n heerlike potjie-kosaand by die Oud Skoliere Bond (OSB) se klubhuis wat Vrydag gevolg word met ’n heerlike ontbyt by Oasis-kafee in Albertstraat.
“Baie van die oudskoliere sal graag ’n draai wil gooi by Oasis want hulle sal dit ont-hou as die plek waar ons destyds ons “toffies” (sigarette) gaan koop het,” het Charles Garth, voorsitter van die OSB vertel.
Vrydagmiddag is die oud-skoliere se sportdag op CHS se sportvelde en oudskoliere van destydse Hoër Seunsskool, Rocklands Hoër Meisieskool en die Handelskool word gevra om hul tekkies af te stof en spanne vir raakrugby, hokkie, netbal en tennis saam te stel. Vrydagaand is daar ’n spitbraai en dans by die Keevysaal en Saterdagoggend van 08:00 tot 10:00 ’n ontbyt by Rocklands-koshuis.
Garth sê daar is geen formele reëlings vir Saterdagmiddag en -aand nie. Soos in vorige jare gaan die naweek met ’n kerkdiens in die NG Kerk Cradock-Noord afgesluit word, waar die diens deur ds. Jaco Botha, lid van die tien jaar-reüuniegroep, gelei sal word.
Kontak Garth by 048 881 2837/072 474 7181 of cjgarth@telkomsa.net; of Maryna Kriel by 048 881 2784 of marketing@cradockhighschool.co.za vir verdere besonderhede.