DIE Hoërskool Middelburg se krieketspelers, ook bekend as die Middies, het onlangs teen Gill-Kollege krieket by die Botaniese Tuine in Graaff-Reinet gespeel.
Gill-Kollege het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Hulle het 92 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.
Clive Green en Henru Geldenhyse, albei draaiboulers, het vir goeie boulwerk gesorg. Clive het twee paaltjies vir 14 lopies in vier boulbeurte geneem en Henru het een paaltjie vir ses lopies in vier boulbeurte geneem.
Middies se kolwers kon slegs 90 lopies aanteken. Middies se beste kolwers was Clive Green met 32 lopies en Adrian Joubert wat 24 lopies aangeteken het.
Middies het ’n paar dae later teen die Hoërskool De Aar gespeel.
Middies het 170 lopies aangeteken, terwyl De Aar slegs 29 lopies kon aanteken.
Die Hoërskool Middelburg spog tans ook met hul gholfspelers wat onlangs aan die Winterberg-skolegholfliga op Middelburg deelgeneem het.
Die Hoër Landbouskool Marlow en die Hoërskool Cradock het ook aan die liga deelgeneem.
Die Hoërskool Middelburg het tweede in spanverband geëindig en Will Kerneels het algeheel eerste in die individuele kompetisie geëindig.