Hofmeyr hou suksesvolle mark in die park

MARIAAN Schoeman van die Karoobos Lodge en Padstal het ’n Mark in die Park op Goeie Vrydag vanuit die Lavender-parkie oorkant die Lodge aangebied.


MARIAAN Schoeman van die Karoobos Lodge en Padstal het ’n Mark in die Park op Goeie Vrydag vanuit die Lavender-parkie oorkant die Lodge aangebied.

Talle stalletjies is opgeslaan en bykans enige iets op aarde is gesmous – van boute en skroewe en moere, tot sagteband-liefdesverhale, koffiebekers met potplante en natuurlik heerlike eetgoed en pragtige skilderye.

Verkope was goed en talle stalletjies was dolleeg teen 12:00.

Hierdie gaan nou ’n gereelde maandelikse instelling word en die volgende Mark in die Park word weer op 28 April in die La-vender-parkie oorkant die lodge aangebied.

Kontak gerus vir Mariaan Schoeman by 048 885 0110 om stalletjies te bespreek. Besoek ook gerus Hofmeyr daardie dag en ondersteun die bemarkers.

You need to be Logged In to leave a comment.