Hofmeyr hou VLV-vergadering

DIE Hofmeyr VLV het kort voor Valentynsdag hul vergadering hou – met ’n saal vol VLV-lede.


DIE Hofmeyr VLV het kort voor Valentynsdag hul vergadering hou – met ’n saal vol VLV-lede.

Daar was genoegsame konferensie kompetisie inskrywings en beoordeling is deur Rosemary Jordaan vir kunsartikels en Rika Pienaar vir die ander inskrywings hanteer.

As hoofsameroepster vir die dag het Nadia Bosch vir Sanet Jordaan, gekwalifiseerde mediese suster, gevra om met die dames te kom gesels oor die Piriformis-sindroom.

Die meeste van die dames het met hul oefenklere die geleentheid bygewoon, sodat hul kon deelneem aan die oefeninge.

Die piriformis-spier is in die boud geleë en indien dit ooreis of beskadig sou word, kan dit bykans onmoontlik wees om te loop.

Dikwels verswak hierdie spier ná menopause en daarom moet daar spesifiek gelet word op die regte oefeninge om dit te versterk, en dieselfde oefeninge is ook effektief sou dit beseer word. Sanet het ’n demonstrasie gedoen van dié oefeninge.

Marguerite Hattingh, sameroepster van opvoeding en kultuur, het kultuurerfenis, en hoe dit oorgedra moet word aan nage-slagte sodat dit behoue kan bly, bespreek.

Beoordelaars het geleentheid gehad om artikels te bespreek en die vergadering is verdaag nadat wenke deur sameroepsters gegee is.

You need to be Logged In to leave a comment.