Hofmeyr-inwoner vier 93ste verjaarsdag

VALERIE Vermaak, een van Hofmeyr se oudste inwoners, het die afgelope week haar 93ste verjaarsdag gevier.


VALERIE Vermaak, een van Hofmeyr se oudste inwoners, het die afgelope week haar 93ste verjaarsdag gevier.

Tannie Valerie is in die Hofmeyr-distrik gebore as ’n nooi Edwards, en het dus haar hele lewe hier deurgebring.

Sy kan indrukwekkende staal- tjies vertel van hoe hulle met die donkiekarretjie skool toe gery het, en ’n sorgvrye jeug gehad het.

Sy is later getroud met Hennie Vermaak, boer uit die omgewing, en die egpaar het hul op Rietfontein in die distrik gevestig.

Hennie is einde 1984 oorlede. Ses kinders is uit dié huwelik gebore, maar een dogter is jonk oorlede. Nasie, hul seun, boer steeds saam met sy eggenote Renel op die familieplaas en sy twee seuns Hennie en Shaun het ook intussen by hom aangesluit met hul onderskeie eggenotes, Rachelle en Nastasha. Tannie Valerie spog met 10 kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

Sy woon by haar dogter Anne Nel, in Hofmeyr. Tannie Valerie se dogter Avice is ook in Hofmeyr waar sy skoolhoof by Laerskool Hofmeyr is.

Avice is getroud met Oosten Steenkamp wat ook al uit die onderwys getree het.

Sy was ook besonder bevoorreg om haar dogter Judy – wat getroud is met Jonty Alexander vanaf Bathurst hier te hê vir haar 93ste verjaardag. Judy en Jonty het op Bathurst afgetree en kom kuier gereeld.

Tannie Valerie se dogter Susan, getroud met Adriaan Postma, is in Port Elizabeth gevestig waar Adriaan ’n besigheid bedryf.

Tannie Valerie het ’n heerlike verjaarsdag geniet, en soos elke dag van haar lewe, ’n lekker breiwerkie ook iewers deur die dag ingepas. Sy was tot redelike onlangs toe nog aktief by die rolbalklub, plaaslike VLV, waar sy die mede-ontwerper van die takvaandel was, en tuinbouklub betrokke. Soos altyd, is haar naels steeds elke dag goed versorg, en is daar altyd ’n vriendelike glimlag op haar gesig.

Haar groot liefde vir tuinmaak het sy aan haar dogter Anne oorge-dra en hul vroetel gedurig in die tuintjie nadat hul afskeid moes neem van hul pragtige uitgebreide plaastuin.

Tannie Valerie glo dit was die heerlike plaaslewe waarmee sy geseënd was wat haar tot sover ge-sond en sterk gehou het.

You need to be Logged In to leave a comment.