HOFMEYR-rolbalklub het die afgelope week met rolbal-aandliga begin en altesaam 45 spelers gelok.
Die groep het teen 18:00 begin speel en omdat die baan spreiligte het, kon hul vir 8 plus 8 koppe speel.
Heelwat nuwe spelers het opgedaag wat nog nooit rolbal gespeel het nie.
Van die ouer spelers het die nuwe spelers met groot vaardigheid touwys gemaak – en met groot welslae.
Daar is dus nou besluit dat Hofmeyr-rolbal voortaan Woensdae hul aandliga sal aanbied – en met die winter wat voorlê kan dit dalk ’n uitdaging wees, maar soos enige rolbalspeler vir jou sal sê: “rolbal word in alle weersomstandighede gespeel en geniet!”