DIE Molteno Classic is die afgelope naweek gehou en het ’n vol baan ge-lok.
Van die spelers het hul eerste ervaring met ’n rolbalbaan gehad waar die houte kan terugspring as dit te hard gerol word. Die span van Hofmeyr onder leiding van Willem Herselman, met Piet Roux, Eric Maskell en Roelf Opperman, het as wenners uit die stryd getree met ’n telling van 10 plus 28.
In die tweede plek was Francois van Schalkwyk van Molteno se span met 8 minus 2 en derde die gekombineerde Molteno-en-Tarkastad-span van Theuns van Schalkwyk met 6 plus 26.