Hofmeyr-spanne vaar goed in All Cape-toernooi

NÁ afloop van die All Cape-rolbaltoernooi in Oos-Londen, waar 480 rolbalspelers deelgeneem het, het die verdedigende span hul titel behou.


NÁ afloop van die All Cape-rolbaltoernooi in Oos-Londen, waar 480 rolbalspelers deelgeneem het, het die verdedigende span hul titel behou.

Gerald Fletcher (Hofmeyr-rolbalklub), Ian van Heerden (Tarkastad-rolbalklub) en Danny en Bevis Richardson van Queenstown-rolbalklub het hul staal gewys en as algehele wenners uit die stryd getree.

Die span van Hofmeyr, onder leiding van Piet Roux (as skip), met Willem Herselman, Lennox Edwards en Roelf Opperman, het as wenners in hul afdeling uit die stryd getree. Dit beteken dat hulle al hul wedstryde moes wen.

Goeie rolbal is deurgaans gespeel en die weer het goed saamgespeel en daar kon elke dag gespeel word.

Alle rolbalbane in Oos-Londen het as venue’s opgetree en elke rolbalbaan moes instaan vir die etes op elke betrokke dag by daardie klub. – TERESA OPPERMAN

You need to be Logged In to leave a comment.