’n GESELLIGE groep vroue het byeen gekom om die ná-konferensie VLV-vergadering op Hofmeyr by te woon.
Hofmeyr het met die louere weggestap by die Sirkelkonferensie in Somerset-Oos en diegene wat artikels ingeskryf het, kon uiteindelik hul trofees in ontvangs neem.
Anneke Wilken het, as kunssameroepster, weer eens die ge-leentheid gehad om die dames kreatief besig te hou, en selfs die jongstes en jonges van gees het saamgewerk.