Hugs of Hope hou inkleurkompetisie

HOFMEYR Hugs of Hope, ’n welsynsinstansie wat lewensomstandighede in Hofmeyr probeer verbeter, het voor die wintersvakansie, ’n plaaslike kompetisie ge-loods wat grondslagfase-leerders die geleentheid gegee het om ’n teddiebeer te teken en in te kleu


HOFMEYR Hugs of Hope, ’n welsynsinstansie wat lewensomstandighede in Hofmeyr probeer verbeter, het voor die wintersvakansie, ’n plaaslike kompetisie ge-loods wat grondslagfase-leerders die geleentheid gegee het om ’n teddiebeer te teken en in te kleur.

Hofmeyr Hugs of Hope se kenteken is immers ’n teddiebeer met ’n hartjie. Die kompetisie is aan al die laerskole van die area deurgegee, en elke skool se personeel het hul beste inskrywings deurgestuur vir beoordeling.

’n Paneel beoordelaars, waaronder be-kende kunsskilder Mariaan Schoeman en ook Hofmeyr se bekende skilder Linda Opperman, het op hierdie paneel gedien. Na deeglike oorweging is daar vier wenners gekies.

Die wenprente sal gebruik word op ’n reeks 100% katoen-inkopiesakke wat deur Hofmeyr Hugs of Hope, ontwerp, gemaak en bemark gaan word.

Die skilderye is reeds in produksie sodat die sakke eersdaags gemaak kan word. Drie van die wen-inskrywings is ontvang vanaf Schoombee Primêre skool en die oorhandiging van hul toekennings sal op ’n latere stadium geskied. Die jongste deelnemertjie, Ashmerelda Godfrey, gr.1-leerder by Twinsville VGK-skool het die afge-lope week haar prys ontvang van Teresa Opperman, verteenwoordiger en bestuurder by Hofmeyr Hugs of Hope.

You need to be Logged In to leave a comment.