Hugs of Hope is1 jaar oud

HOFMEYR Hugs of Hope het verlede week hul eerste verjaardag gevier.


HOFMEYR Hugs of Hope het verlede week hul eerste verjaardag gevier.

Hugs of Hope is ’n werkskeppings- en opheffingsprojek wat daarna streef om in liefde en deernis hoop te bring waar omstan-dighede ’n moedeloosheid veroorsaak het, sodat verandering meegebring kan word in lewensomstandighede wat die hele gemeenskap tot voordeel sal strek.

Talle gaste is genooi om die verjaardagviering by te woon. Skuilkransgemeente in Pretoria was ook verteenwoordig deur Cecily Botha en Irma Loots, en hulle het ook ’n aantal skenkings vanuit hul gemeenskap saamgebring.

Die verjaardagkoek met Hugs se kenmerkende teddiebere, is spesiaal vir die geleent-heid gebak deur Elmien Downey, en elkeen vanuit die gemeenskap en wyer wat deur die jaar skenkings aan die instansie gemaak het, was ook genooi.

Hanlie Barnard was in beheer by die tee- en middagetetafels en keurige eetgoed is bedien.

Hoewel reën deurentyd uitgesak het, was daar steeds heelwat gaste wat die geleentheid saam met die plaaslike Hugs of Hope-span geniet het. Die werkers was ook almal teenwoordig en het ook onderling ’n modeparade gereël om aan die gaste hul nuutste modeskeppings te vertoon.

Hugs of Hope gaan steeds van krag tot krag, danksy betrokkenheid vanaf wyd en ver en vir die bestuur bly dit steeds ’n roeping om daagliks met Hugs of Hope voort te gaan aan-gesien elke inset ’n lewe ten goede verander.

You need to be Logged In to leave a comment.