Hugs of Hope truie vir boekbekendstelling

TOE Helené Prinsloo van NB-Uitgewers met Hugs of Hope op Hofmeyr kontak maak oor die brei van truitjies vir die bekendstelling van die akteur en komediant Schalk Bezuidenhout se nuwe boek “Truitjie roer my nie”, moes daar vinnig baie planne gemaak wo


TOE Helené Prinsloo van NB-Uitgewers met Hugs of Hope op Hofmeyr kontak maak oor die brei van truitjies vir die bekendstelling van die akteur en komediant Schalk Bezuidenhout se nuwe boek “Truitjie roer my nie”, moes daar vinnig baie planne gemaak word.

Daar was slegs vyf dae beskikbaar voor die besending na die Kaap gestuur moes word sodat elke eregas ’n truitjie kon kry saam met Schalk se boek.

Hy is immers in ’n onlangse episode van Karen Zoïd se TV-program, Republiek van Zoid Afrika, benoem as Minister van Trui-tjies.

Die bestuur van Hofmeyr Hugs of Hope het dadelik kontak gemaak met Elzbie Cronjé van Cradock wat ’n breiwerkwinkel in Dit-en-Dat bedryf, en sy kon help met ’n paar wat ingekoop is.

Daarna is die Marais Steyn-tehuis in Steynsburg gekontak wat ook kon help met ’n paar truie.

Hierdie truie is gebrei met wol wat Erna Barlemann van Igloo-breiwinkel op kort kennisgewing aan die tehuis kon voorsien.

Die res moes deur Hofmeyr Hugs of Hope se breiers voltooi word. Binne vyf dae was die somtotaal van 45 truitjies gebrei, gemerk en gereed gemaak vir versending.

Prinsloo het reeds foto’s van truitjies wat saam met boeke aan eregaste oorhandig word, gestuur.

You need to be Logged In to leave a comment.