STEYNSBURG sal ook voortaan, soos Hofmeyr, ’n Hugs of Hope-welsynsorganisasie hê.
Hugs of Hope is ’n werkskeppingsinstansie wat omsien na mense wat weens omstandighede nie meer na hulself kan omsien nie.
Hugs of Hope verlig armoede deur werkskepping en nie deur die voorsiening van middele nie.
Die gemeenskap beraam planne om hulpbehoewendes te ondersteun, werk te skep en ook sodoende nie net hul eie probleme te verlig nie, maar ook die las op die gemeenskap te verlig.
Steynsburg Hugs of Hope was gelukkig om die gebou van die Metodiste-kerksaal in Steynsburg te bekom en onder die bestuur van die bekwame vroue van Steynsburg sal daar ook eersdaags groot veranderinge op die gebied en in die omgewing plaasvind.
Cathy Koeberg (afgetrede mediese verpleegsuster en personeellid by Steynsburg se Marais Steyn-huis) tree as hoofsameroeper op.
Saam met haar gaan Alet Zwiegers (plaasvrou en plaaslike haarkapster) en Desi Anderson (stafverpleegster by Marais Steyn-huis) van hulp wees om die projek van stapel te stuur.
Aanvanklik sal hulp deur Hofmeyr se Hugs of Hope verleen word, maar mettertyd sal Steynsburg onafhanklik funksioneer en hul eie bemarking en hulpnetwerk stig. Hulle be-nodig ook hulp vanuit die gemeenskap en enige skenkings sal altyd verwelkom word.