HUIS Karee, die huis vir bejaardes op Middelburg, blom nou saam met die lentebloeisels.
Op Sondag, 14 Oktober het Tannie Driesa Roux haar 93ste verjaardag gevier. Sy het die spesiale dag saam met haar familie in Port Elizabeth deurgebring. Tannie Driesa was nog tot op 92-jarige ouderdom betrokke by die Hoërskool Middelburg met die telefoniese insameling van agterstallige skoolfondse.
Ander lede van die “Negentigsklub” by Huis Karee is ook CN van der Merwe (1928), Magret Rademeyer (1923), Fienie de Bruyn (1928), Mabel Arendt (1928), Cathariena van Loggerenberg (1916), Una Rodgers (1922), Betsie Mountjoy (1925) en Engela Karstens (1923).
Groot opgewondenheid heers ook oor Oom Jack Newton wat op 10 November 100 jaar jonk gaan wees.
Huis Karee het onlangs die nuwe bestuur gekies wat nou bestaan uit Cornelia Nieuwoudt as voorsitter, Anet Visagie as onder-voorsitter, Anette Rolfe, Handri Vorster, Adel Louw en Ada Sammy. Twee poste vir bestuurslede is nog nie gevul nie en Huis Karee wil ’n beroep doen op die gemeenskap om gerus die tehuis te skakel indien hulle hulself beskikbaar wil stel.
Vir 10 November word daar ’n pretdag/opedag om 10:00 vir oud en jonk by Huis Karee beplan. Daar sal ’n kort pretloop wees, speletjies en oefeninge, uitstallings, pannekoek, drinkgoed en natuurlik gaan daar gebraai word. Braaipakke kan teen R50 bespreek word en sluit ook slaai en brode in.
Kontak Irene vir braaipakbesprekings by 049 842 1249 of 072 467 0936.