AQUILA Aletta Lategan is die afgelope week op 85-jarige leeftyd oorlede.

Sy het vir ‘n groot gedeelte van haar ge-troude lewe op Hofmeyr gewoon, waar sy die eggenote van Ben Lategan op die plaas Laubschersbaken was.

Tannie Aquila het bekendgestaan as ‘n vrou met insig en baie goeie algemene kennis. Haar uitgebreide vriendekring het haar tot op die laaste ondersteun.

Aquila (Swanepoel) Lategan het voor haar huwelik in Aberdeen gewoon, en daar het sy vir Ben leer ken. Die egpaar is in Graaff-Reinet getroud, en het hull op Aberdeen gevestig.

Hulle het vir ’n ruk op Hofmeyr gewoon, toe na Tarkastad verhuis, en hulle daarna weer op Hofmeyr gevestig.

Daar is vier kinders uit die huwelik gebore. Deon is getroud met Marieta en hul woon op Weltevrede in Hofmeyrdistrik. Louis is op 44-jarige ouderdom oorlede, en was nooit getroud nie. Hul twee dogters is Elmarie, wat in Port Elizabeth woon, en Benita, wat getroud is met Jannie Moolman en in die Cradock-distrik woon.

Tannie Aquila was die ouma van 7 kleinkinders, en die oumagrootjie van 12 agterkleinkinders.

Na haar eggenoot se dood het sy Cradock toe verhuis en sy het vir die laaste 20 jaar in Cradock gewoon, waar haar huis altyd oop was vir ’n vinnige koppie tee en ‘n heerlike kuier, of ’n langsame, diep ge-sprek oor indringende sake.

Haar treurdiens was in NG Cradock Noordkerk gehou en ds. Attie van Wyk het die diens waargeneem. Hy het sy boodskap geneem uit Joh. 10.

You need to be Logged In to leave a comment.