HVS bied suksesvolle steakete aan

HOëR Volkskool se eerste netbalspan het tydens die April-vakansie deelgeneem aan die Arthur Johnson-sporttoernooi in Mosselbaai waar ’n span gekies is om in die September-vakansie aan ’n netbaltoernooi in Engeland te gaan deelneem.


HOëR Volkskool se eerste netbalspan het tydens die April-vakansie deelgeneem aan die Arthur Johnson-sporttoernooi in Mosselbaai waar ’n span gekies is om in die September-vakansie aan ’n netbaltoernooi in Engeland te gaan deelneem.

Twee van Hoër Volkskool se spelers is gekies vir hierdie span, nl. Lykita Koeberg, ’n gr. 11 leerling en Lara du Plessis, ’n gr. 12 leerling.

Ongelukkig is daar baie onkoste verbonde aan so ’n eer en om die finansiële las van die ouers te probeer verlig, is ’n suksesvolle steakaand aangebied.

Volgens die skool, sou hierdie poging egter nie so suksesvol gewees het sonder hul borge en die ondersteuning van die gemeenskap nie. “Daarom wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om vir al die netbalspeelsters, skoliere, ouers en ondersteuners van Hoër Volkskool wat gehelp het om kaartjies te verkoop, wat kaartjies gekoop het en wat donasies gemaak het, baie dankie te sê.”

“Aan ons borge: Pioneers Restaurant en Pub se bestuur en personeel: baie dankie vir jul geduld met ons Vrydagaand, veral met die netbalkelnerinne wat jul gewone roetine omtrent omver gegooi het. Dankie ook vir die bereiding van die kos, asook die help met die beplanning van die aand.

“Dankie ook aan Camdeboo Supermeat vir die ongelooflike lekker steak wat hulle verskaf het vir die aand, asook die reuse donasie wat mnr. Klaas Zandberg aan ons gemaak het. Mnr. Paul Steynberg vir die hout sodat die vure die hele aand kon brand en die koue verdryf. Mark vir die Huisvrou (Saverite).

“Meagan Edwards vir die ontwerp van die plakkate en kaartjies. Baie dankie vir julle bydrae. Ons waardeer dit ongelooflik baie,” het die skool gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.