Inge se heerlike wortelkolwyntjies

INGE Stickling van Cradock deel vandeesweek haar resep vir wortelkolwyntjies (muffins) met die Mid-Karoo Express se lesers.


INGE Stickling van Cradock deel vandeesweek haar resep vir wortelkolwyntjies (muffins) met die Mid-Karoo Express se lesers.

Dié ma lê haar veral toe op die bak van soetgoed wat sy aan ’n plaaslike tuisnywerheid voorsien.

Wortelkolwyntjies

Bestanddele:

2 koppies koekmeelblom

2 teelepels koeksoda

½ teelepel sout

½ teelepel kaneel

½ koppie suiker

1 eier

1 koppie melk

¼ koppie olie

1 koppie gerasperde wortel en neute (gemeng)

Metode:

. Voorverhit die oond tot 170 °C.

. Meng al die droë en nat bestanddele saam.

. Voeg die gerasperde wortel en neute laaste by en meng deur.

. Skep die mengsel in kolwyntjiepannetjies of papierhouertjies.

. Bak teen 170 °C vir 15 tot 20 minute.

. Versier die kolwyntjies met roomkaasversiersel en gekapte neute.

You need to be Logged In to leave a comment.