Greg Louw en Andy Birkett by 2017 se marathon. FOTO: VERSKAF


Vanjaar se Hansa Visrivierkanomarathon beloof om weer ’n groot sukses te wees en die bestuur is hard besig om inskrywings – wat reeds besig is om in te stroom – te verwerk.

Die wedvaart vind op 5 en 6 Oktober plaas en roeiers kan weer eens verseker wees van 26 kumek water in die rivier.

Roeiers wat aan die liefdadigheidsgroep gaan deelneem, word gewaarborg dat hul fondse na ’n verdienstelike organisasie gaan, aangesien hulle vanjaar weer eens Cradock Kankersorg sal ondersteun.

Roeiers gaan op 5 Oktober by Grasrugdam wegspring vir die eerste 48 km tot by Knutsfordbrug en op 6 Oktober van Knutsfordbrug af, oor 36 km, roei tot by Cradock se sportterrein.

Daar is Woensdag voor die marathon ge-leentheid vir deelnemers wat hul keur- ingsposisie wil verbeter om aan die proef-lopie vanaf Marlow se laagwaterbruggie tot by die dorp deel te neem.

Die Hansa-tent word vanjaar ook verskuif en die nuwe ligging beloof om ’n goeie uitsig oor die rivier en inkomende bote te hê.

Die organiseerders het voornemende besoeker aan die dorp aangemoedig om vroegtydig hul blyplekke te bespreek, aangesien alle oornaggeriewe vir die marathon-naweek gewoonlik vroegtydig vol is.

Meer besonderhede kan by www.fishmarathon.org.za gekry word.

You need to be Logged In to leave a comment.