Interskole in Graaff-Reinet dié naweek

GROOT opwinding heers in Graaff-Reinet vir die jaarlikse interskole tussen Union High School en die Hoër Volkskool wat dié naweek plaasvind.


GROOT opwinding heers in Graaff-Reinet vir die jaarlikse interskole tussen Union High School en die Hoër Volkskool wat dié naweek plaasvind.

Die interskole tussen dié twee opvoedkundige inrigtings is ’n gevestigde tradisie en ’n hoogtepunt op Graaff-Reinet se dorpskalender.

Union High School en die Hoër Volkskool is onderskeidelik in 1919 en 1922 gestig.

Deesdae is die interskole ’n toutrekkery tussen die ernstige en goedige, tong-in-die-kies “wie-is-beter”, maar dit was nie altyd so nie.

Jare gelede het gemoedere tussen Engelsman en Afrikaner maar baie hoog geloop vanweë politieke omstandighede.

Tot en met 1969 is die interskole twee maal per jaar gehou, maar dit is na ’n jaarlikse ge-beurtenis verander nadat die gemeenskap gekla het dat die opwinding twee maal per jaar net té veeleisend vir hul gesondheid was.

Die vermoë wat sport het om mense byme-kaar te bring, word bewys in Graaff-Reinet, waar daar vandag goeie sportmangees en samewerking tussen Union en Volkskool heers.

Nie dat dit die gees van gesonde wedywering demp nie. Leerders, ouers, oud-leerders en ondersteuners van die twee skole trek steeds elke jaar die spreekwoordelike laer teen mekaar.

Dis tradisioneel ’n naweek wanneer baie oud-leerders ’n pelgrimstog terug Karoo toe onderneem om hul solidariteit met hul Alma Mater te verklaar. Selfs besighede skaar hulle by die een of die ander.

Van Mid-Karoo Express aan Union en Volk-skool – geniet die gawe van sport, en mag die beste span wen!

You need to be Logged In to leave a comment.