Jagklub hou trofeekompetisie

DIE Cradock-jagklub het onlangs hul algemene jaarvergadering by die Hoër Landbouskool Marlow gehou.


DIE Cradock-jagklub het onlangs hul algemene jaarvergadering by die Hoër Landbouskool Marlow gehou.

’n Trofeekompetisie is gehou en alle lede is aangemoedig om die grootste trofeë wat hulle gedurende die vorige jagseisoen geskiet het, in te skryf.

Slegs vyf spesies – koedoe, springbok, takbok, ribbok en vlakvarke – is vanjaar aanvaar, maar meer afdelings sal in die toekoms ingeskryf kan word.

Die wenner van vanjaar se prys was Barend de Klerk met ’n takbok.

Hy het ’n spesiale lig (“lightbar”) vir sy voertuig, geskenk deur Riaan Ledoux, eienaar van Orion Electro Diesel, as prys ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.