Jakolette verower SA Kleure in hengel

JAKOLETTE Thiart het die afgelope naweek haar SA-kleure in hengel verower.

Jakolette Thiart verower haar SA kleure in Hengel.Foto:Pieter Thiart

Credit: SYSTEM

JAKOLETTE Thiart het die afgelope naweek haar SA-kleure in hengel verower.

Sy het aan die RASSPL (Rock and Surf Pro League) se nasionale kampioenskappe deelgeneem oor ’n tydperk van drie dae.

Sy het die eerste dag van die uitdaging gewen met hengel in die Visrivier tot Kleinemonde area.

Die tweede dag se hengel-kampioenskappe het plaasgevind vanaf Kleinemonde tot in Port Alfred en op die derde dag het hul in Kasouga gehengel.

Met die finale telling ná drie dae het sy ’n derde plek in die vroueliga behaal.

Ná afloop van die nasionale kompetisie is ’n SA-span aangewys wat volgende jaar na Angola sal reis om daar te gaan deelneem. Sy is een van die drie dames in die SA-dameshengelspan.

Sy is ’n hengelaar by Kowie Crackers Franchise van Grahamstad.

Jakolette het gereeld in die Hofmeyr-distrik kom kuier waar haar pa, wyle Paul Erasmus, op Spitskop gewoon en gewerk het.

Hy was ook haar leermeester en haar ma, Louise van Somerset Oos, sê dat Jakolette al saam met haar pa visgevang het terwyl sy nog doeke gedra het.

Die plaasdamme in die Hofmeyr-distrik was dus die ideale leerskool.

Jakolette is ’n oud-leerder van Gill laer- en hoërskole in Somerset-Oos en het haar skoolopleiding daar voltooi. Sy het haarself as tennis-afrigter gekwalifiseer en is met Pieter Thiart getroud. Hulle bedryf saam die Thiart-tennisakademie met Grahamstad as hul basis. Sy hengel graag oor naweke nadat die tenniswedstryde afgehandel is en haar man vergesel haar graag op hengeluitstappies.

You need to be Logged In to leave a comment.