Janse Roux kuier in Hofmeyr

JANSE Roux, slot vir die Bourgoin Jallieu rugbyspan in Frankryk, kuier tans bietjie by sy Pa Ettienne Roux op die plaas Allemansvlei in die Hofmeyrdistrik.


JANSE Roux, slot vir die Bourgoin Jallieu rugbyspan in Frankryk, kuier tans bietjie by sy Pa Ettienne Roux op die plaas Allemansvlei in die Hofmeyrdistrik.

Janse is met ’n ses-weke vakansie terwyl dit somer in Frankryk is.

Janse het in 2015 aan Hoër Landbou-skool Marlow gematrikuleer, en is daarna opgeneem in die Kings se o.19 span terwyl hy in Port Elizabeth by NMU studeer het.

Hier het hy ’n aanbod om klubrugby in Frankryk te speel, ontvang en het kort daarna vertrek na Bourgoin Jallieu waar hy nou reeds vir 11 maande speel.

Hy het ’n tweejaarkontrak met die klub gesluit, en sien daarna uit om terug te gaan. Hy droom ook daarvan om veel langer by klubrugby in Frankryk betrokke te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.