JEANETTE Bekker, ’n plaaslike inwoner van Cradock, het onlangs ingestem om een van haar resepte met Mid-Karoo Express se lesers te deel.
Sjokoladekoek sonder eiers
Die resep kan verdubbel word vir ’n laagkoek indien nodig.
Bestanddele: Koek
375 ml koekmeel (1½ koppies)
10 ml bakpoeier
250 ml suiker
2½ ml koeksoda
40 ml kakao
2½ ml sout
250 ml kookwater
125 ml olie
5 ml vanieljegeursel
25 ml witasyn
Bestanddele: Versiersel
500 ml versiersuiker
8 eetlepels sagte margarien
4 eetlepels kakao
2 teelepels bakpoeier
Ongeveer 3 of 4 eetlepels kookwater
Metode:
- Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker, koeksoda, kakao en sout saam.
- Meng die kookwater, olie, vanielje geursel en witasyn goed saam.Voeg die mengsel by die droë bestanddele en klop dit goed deur.
- Bak in ’n 22 x 22 cm bak teen 180 °C vir 20 minute.
- Klits al die bestanddele vir die versiersel saam om ’n sagte mengsel te vorm.
- Versier die koek na jou eie smaak.