Jeanette se tradisionele samoesa-resep

CRADOCK se grootste samoesa-bakker, Jeanette Nero, het haar besigheid in 1984 begin wat twee van haar kinders deur universiteit gesit het.


CRADOCK se grootste samoesa-bakker, Jeanette Nero, het haar besigheid in 1984 begin wat twee van haar kinders deur universiteit gesit het.

Maandae, Woensdae, Vrydae en Saterdae bak sy sowat 50 samoesas terwyl sy Dinsdae en Donderdae rooties en vetkoeke bak wat ook in die dorp verkoop word.

Nero kook ook gereeld sop vir werkloses en honger kinders. Sy deel haar samoesa-resep met Mid-Karoo Express se lesers.

Tradisionele samoesas

Bestanddele:


. Deeg

2,5 kg broodmeel

3 eetlepels sout

1½ liter water

3 eetlepels bakpoeier

. Vulsel:

3 kg beesmaalvleis

2 eetlepels borrie

2 eetlepels masala

4 liter olie

8 uie

Metode:

  • Gooi die meel, sout, bakpoeier en water in ’n knieskottel en knie tot dit styf is.
  • Verdeel die deeg in tien bolle.
  • Rol die bolle uit tot die grootte van ’n bord.
  • Smeer elke stuk met olie en sit dit bo-op mekaar.
  • Rol dan die deeg uit tot die grootte van ’n oondpan.
  • Bak vir 20 tot 25 minute in oond teen 180° C.
  • Sny dan die blare in repe van ongeveer 14cm breed (smaller indien samoesas vir ’n partytjie bedoel word) en trek dit van mekaar af.
  • Kook die maalvleis gaar en voeg die fyngekapte uie, borrie en masala by die maalvleis.
  • Maak ’n hegmengsel met koue water en meel (’n geklitste eier kan ook gebruik word).
  • Neem dan een reep deeg op ’n tyd en sit ’n hoeveelheid vleismengsel (ongeveer een eetlepel vleis of meer) ongeveer 3cm van die bokant van die reep en vou dit oor om ’n driehoek te vorm.
  • Maak dit vas met die hegmengsel.
  • Bak dit dan in lekker warm olie.

You need to be Logged In to leave a comment.