Juanita se spoggerige maaskaastert

JUANITA Botha van Cradock doen van 08:30 tot 16:30 kantoorwerk en wanneer sy by die huis kom, is haar voorskoot aan en dis tyd vir bak en brou.


JUANITA Botha van Cradock doen van 08:30 tot 16:30 kantoorwerk en wanneer sy by die huis kom, is haar voorskoot aan en dis tyd vir bak en brou.

Sy bak onder meer vir Dit en Dat-tuisnywerheid, maar neem ook privaat bestellings wanneer die tyd haar toelaat.

Sy deel haar resep vir ’n spoggerige maaskaastert.


Kors:

Tennisbeskuitjies

1 Weet Bix

Botter

Meng en druk vas onder in ’n losboompan
Vulsel:

300 ml room

¼ koppie suurlemoensap

1 bakkie maaskaas (“smooth”)

¾ koppie suiker

1 teelepel gelatien, opgelos in ’n ¼ koppie koue water
Metode:

Klits die room effens en voeg suurlemoensap by tot dit styf is.

Voeg die maaskaas en suiker by die room.

Plaas opgeloste gelatien in mikrogolfoond vir 30 sekondes.

Voeg by maaskaas en meng goed. Gooi oor die kors en sit in yskas om styf te word.

Die versiering, soos op die foto, is een pakkie jellie, aangemaak met een koppie water (afgekoel) en oor die tert gegooi. Enige ander versiering kan opgesit word.

You need to be Logged In to leave a comment.