Juffrou Marna bak koekies in klas

JUFFROU Marna Bekker van Schoombee Primêre Skool in die Hofmeyr-distrik wou die eerste dag ná die langnaweek die kleinspan in haar klas behoorlik bederf en sy het toe ’n plan gemaak.


JUFFROU Marna Bekker van Schoombee Primêre Skool in die Hofmeyr-distrik wou die eerste dag ná die langnaweek die kleinspan in haar klas behoorlik bederf en sy het toe ’n plan gemaak.

Haar gr. 1-klassie het op 2 Mei die geleent-heid gehad om heerlike soetkoekies te bak.

En die afmeet, meng, uitrol, uitdruk en die afwagting terwyl dit bak was net so lekker soos die op-eet agterna. Soos wat die koekies in die oond ingaan en weer uitkom, het elke leerder presies geweet watter koekie sy persoonlike bakseltjie was.

Hoe lekker kan dit nou wees in Juffrou Marna se klas as sy tyd maak om die kleinspan te laat koekies bak en dan te laat oorvertel wat hul beleef het.

Ook in Juffrou Elna Jordaan se klas is die kombuistema behandel en die gr. 3’s het pragtige sinne geskryf oor hul kombuise by die huis. Een sinnetjie het almal egter lekker laat lag in die personeelkamer – Willem Karlsen het geskryf: “’n Mens kan nie lekker in die kombuis gesels nie, want die koppies het ore!”

You need to be Logged In to leave a comment.