EK het met groot belangstelling die Kaapse Boerperd treurmare gevolg wat nou nie meer op Cradock sal skou nie.
Die besluit kom van bestuursvlak om die ras met die minste getalle uit te skakel en nie van opslaanstalle gebruik te maak nie.
Vir diegene wat oningelig is omtrent die opslaanstalle, is dat die skou daarvoor moet teken en verantwoordelikheid aanvaar.
Ek glo nie daar is ’n wet wat ’n landbougenootskap dwing om opslaanstalle te gebruik, vervoerkoste aan te gaan en werk-ers te huur vir die opslaan van die stalle.
Mev. Ezelle Marais en mnr. Hans Botha weet baie goed dat vertoners nie van die stalle wil gebruik maak nie, hulle inkluis.
Die opslaanstalle is ook in 2017 na Uniondale Skou geneem. Dit was gedurende die skou in ongebruik en nie ’n enkele vertoner het daarvan gebruik gemaak nie.
Nou bevraagteken ek die volgende aannames wat deur Ezelle Marais gemaak is in die pers:
- Vertoners wat al 60 jaar op Cradock skou!
- Perdetelers wat oor die hele land geskok is!
- Kaapse Boerperdtelers van Johannesburg tot in Kaapstad!
Mev Ezelle Marais, daar was nie eers 20 perde op die Kaapse Boerperd Nasionale Kampioenskappe drie weke terug nie. Waar is die 28 perde wat verlede jaar op Cradock Skou was.
Mev Ezelle Marais, jy het die perde-afdeling op Cradock Skou behartig. Hoekom het jy bedank? U is die Presidente van die Kaapse Boerperd-telersvereniging. Hoekom het die Kaapse Boerperd getalle so drasties gedaal?
Fred Greeff
Werda
Tarkastad