CRADOCK Noord se NG Kerk hou eerskomende naweek basaar en aktiwiteite begin vanaand met ’n staptog deur die dorp.

Die basaartema is “Die Kaapse Klopse” en daar gaan heelwat vermaak, lekker eetgoed en goeie samesyn wees sowel as ’n paar mense in Kaapse Klopse-uitrustings.

Vanaand se Glow Slow-staptog deur die dorp se strate begin om 18:30 by die kerk. Elkeen wat deelneem sal by die inskrywingspunt ’n gloeistok ontvang, wat saamgeneem word op die staptog.

Vrydagoggend kry besighede op die dorp geleentheid om lekker te smul aan panne- koeke en worsbroodjies wat by hul kantore afgelewer gaan word.

Saterdag is die groot dag en dit begin met ’n ontbyt om 08:30, gevolg deur die gesellige basaar waar allerlei eetgoed, plante en vleise teen billike pryse te koop aangebied gaan word.

Vir die jongspan sal daar speletjies wees en opwindende kaskarwedrenne op Cradock Voorbereidende Skool se rugbyvelde.

Almal is welkom om die naweek se verrigtinge by NGK Cradock Noord by te woon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article