DIE jaarlikse 7’s dag van die Primêre Skool Karel Theron op Middelburg het op Vrydag, 23 Februarie by die skool plaasgevind.
Daar het altesaam 40 spanne in onder meer netbal, rugby, vlugbal en boeresport meegeding.
Gees het hoog geloop en kleredrag en name was heel oorspronklik en gepas.
Die VLR se ouers het die snoepie beman.
Die wenspanne vir beste kleredrag was Polka Dots, en 7 Chefs het beste gees gewen.
Die algehele wenners by gr. 1 tot 3 was The Bulls en by gr. 4 en ouer het die Blitsbokke as wenners uit die stryd getree.
“Die dag was ’n reuse sukses. Die skool bedank graag almal wat deelgeneem en wat gehelp het met die dag se verrigtinge.
’n Groot dank gaan uit aan die borge wat die dag moontlik gemaak het: Picadilli’s, Rom Hossain, Gift Shop, Karoo Apteek, P. Olls Oogkundige, Busy Corner, dr. Willem van der Walt, BKB, Fareed, PDK, OVK, Leana Bloemiste, Sterkfontein Slaghuis, Viking Trading, Village-kafee, Medikor Apteek en Aki Fashion,” het die skool in ’n verklaring gesê.