DIE jaarlikse Karel Theron en De Aar-sportdag het die naweek van 4 Mei plaasgevind.
Tennis- en skaakwedstryde het Vrydagmiddag plaasgevind, en die rugby asook netbal was die Saterdag gespeel.
Die Primêre Skool Karel Theron se pompoms het ook gesorg vir ’n opwindende optrede voor die o.13A-rugbywedstryd.
Vir baie van die meisies was dit hul eerste optrede.
Die verskeie uitslae is soos volg (KT se uitslae eerste):
Tennis
Die seuns enkelspan wen en die meisies verloor
Seuns en meisies gemengde dubbels speel gelykop
Seuns en meisies dubbels verloor
Skaak
Daar is altesaam vier rondtes gespeel en die eindtotaal ten gunste van Karel Theron was 21-19.
Netbal
o.7A en -B verloor 0-4
o.8A verloor 2-4 en die B-span verloor 0-2
o.9A verloor 3-18 en die B-span wen 7-5
o.10A verloor 3-6 en die B-span wen 7-0
o.11A verloor 0-14 en die B-span wen 9-2
o.13A (gekombineer) wen 31-0, die B-span wen 22-1, die C-span wen 12-4 en die D-span wen 17-0.
Rugby
o.7 verloor 0-12
o.9 verloor 0-40
o.11 verloor 7-19
o.13 verloor 19-31