Karel Theron hou suksesvolle netbaldag

DIE Primêre Skool Karel Theron het vroeër in Maart ’n o.7- tot o.9-netbaldag in Middelburg gehou.


DIE Primêre Skool Karel Theron het vroeër in Maart ’n o.7- tot o.9-netbaldag in Middelburg gehou.

Die groot rede vir die geleentheid was om die nuwe netbalbane by KT in te lyf. Altesaam 28 spanne van ses skole het aan die dag deelgeneem. Skole wat deelgeneem het, is Karel Theron, Burgersdorp, De Aar, Michausdal, Cradock Voorbereidingskool en Hangklip van Queenstown.

Die ouers het heerlik rondom die bane en onder die bome gekuier, terwyl hulle die jongspan ondersteun en aangemoedig het. Die dag was ’n groot sukses en KT beplan om dit ’n jaarlikse instelling op die kalender te maak.

Die volgende spanne het pryse gewen:

o.7A – Cradock Voorbereiding

o.8A – Burgersdorp

o.9A – De AarBeste B span van die dag was Cradock Voorbereiding se o.8 span.

You need to be Logged In to leave a comment.