LEERDERS van die Primêre Skool Karel Theron wat op 15 Augustus aan die Karoo Eisteddfod op De Aar deelgeneem het, het baie goed gevaar.
Marilet Blom en Janko Lessing was vir hul kunswerke en Geena Legg vir haar klavierspel na die prysuitdeling, wat op 29 Augustus op De Aar gehou is, uitgenooi.
Jané Smit met haar vioolstuk en Comien Nel vir sang, asook Karel Theron se Pom-Poms is ook uitgenooi om tydens die afsluitingskonsert by die prysuitdeling weer op te tree.
Jané en Janko se leermeesters, Malcolm Dedman en Theo Kleinhans, is ook vir hul bydrae tot die leerders se ontwikkeling in musiek en kuns vereer.
Tydens die Eisteddfod wat op Vry-dag, 31 Augustus in Aliwal-Noord plaasgevind het, het die Pom-Poms silwer vir hul optrede ontvang.