Karel Theron-netbalspan groet afrigter

DIE Primêre Skool Karel Theron in Middelburg se netbal- en rugbyspanne het op 9 Junie kragte teen die Laerskool Gill gemeet.


DIE Primêre Skool Karel Theron in Middelburg se netbal- en rugbyspanne het op 9 Junie kragte teen die Laerskool Gill gemeet.

Dit was vir Karel Theron se o.13A-netbal in besonder ’n groot dag omdat dit hulle laaste wedstryd met afrigter Marlene Serfontein was.

Dié span stap reeds drie jaar ’n pad met Serfontein wat hulle as o.11-meisies aangevat het.

Sy reken dat hulle baie poten- siaal het.

Serfontein gaan Karel Theron einde Junie verlaat om saam met haar eggenoot, Henko, na Queenstown te verhuis.

Henko het die aanstelling as skoolhoof van die Laerskool Hangklip aanvaar, terwyl sy vrou ’n gr.4-pos by Balmoral Girls Primary gekry het.

Serfontein het die o.13-netbalspan alle sterkte toegewens vir hulle laaste wedstryde en interskole teen Kirkwood volgende kwartaal.

Sy het volle vertroue in hierdie spannetjie en glo dat hulle ’n suksesvolle seisoen verder sal geniet.

Die uitslae van die rugby- en netbalwedstryde was as volg:

  • Rugby

o.7 Karel Theron 2-8 Gill

o.9A Karel Theron 0-31 Gill

o.11A Karel Theron 5-17 Gill

o.13A Karel Theron 10-48 Gill

  • Netbal

o.7A Karel Theron 6-1 Gill

o.8A Karel Theron 7-0 Gill

o.9A Karel Theron 8-0 Gill

o.10A Karel Theron 2-15 Gill

o.11A Karel Theron 4-6 Gill

o.11B Karel Theron 7-4 Gill

o.13A Karel Theron 24-16 Gill

o.13B Karel Theron 10-9 Gill

o.13C Karel Theron 8-1 Gill

You need to be Logged In to leave a comment.