DIE Laerskool Karel Theron se leerders het gedurende die eerste kwartaal koeldrankdoppies vir die maak van rolstoele ingesamel.
Die Mustang-rolstoelrugbyklub is al ’n geruime tyd besig met die insameling van enige plastiekdoppies. Sowat 420kg doppies kan ’n spesiale rolstoel vir hulle borg.
Rolstoelrugby is die enigste kontaksport in rolstoele en benodig baie rolstoele daarvoor.
Die klub is verlede jaar as die span van die jaar aangewys en het die toekenning van SA Rugby nasionale kampioene behaal.
Karel Theron se leerders het by die projek betrokke geraak om die klub te help met hierdie groothartige projek om sodoende nog ’n rolstoel te kan borg.– JOHANETTE VAN HEERDEN