DIE Primêre Skool Karel Theron op Middelburg het op Woensdag, 1 Augustus 33 leerders na Graaff-Reinet geneem om aan die Sanlam WOW-Spelfees kring-uitdunne te gaan deelneem.
Hierdie spelfees vind landswyd plaas en word deur Sanlam, Media24, kykNET en Universiteit Stellenbosch geborg.
“Die Sanlam WOW Spelfees het ten doel om die belangrikheid van taal en geletterdheid te beklemtoon en te bevorder. Ons naamborg, Sanlam, wat glo in die waarde van taalvaar-digheid en meertaligheid, is die ideale vennoot. Spel- en leesvaardigheid is noodsaaklik vir sukses in die hedendaagse kennis-ekonomie,” lui ’n verklaring op Woordfees se webwerf.
’n Gemiddeld van vyf Karel Theron-leerders per graad het in ’n algehele groep van 30 deelgeneem.
Karel Theron se leerders het uitstekend gevaar en 28 van die 33 leerders het ’n plek onder die top-10 van elke graad behaal.
Karel Theron-spellers het vier eerste plekke, drie tweede plekke en vier derde plekke met hierdie spelfees verower.
Die volgende uitdunrondte vind op Dinsdag, 21 Augustus in Graaff-Reinet plaas.
Leerders wat by die distrikuitdunne kwalifiseer, gaan dan verder deur na die provinsiale spelfees wat op 1 September plaasvind.
Die finale ronde is die nasionale spelfees wat op 20 Oktober in Stellenbosch plaasvind.