SEWE Karoo-kinders het van 5 tot 9 April aan die Elsie Coetzer-hokkietoernooi in Bloemfontein gaan deelneem.
Middelburgers Ammelie Visser en Marilet Blom, asook Karien de Wet, Leah Marais en Zandri Groenewald van Graaff-Reinet, het vir die o.13-uitnodigingspan gespeel en het teen o.14-spanne in die hoërskooltoernooi meege-ding.
Luke en Matthias Visser het vir die o.13-seunspan gespeel.
Marilet, Leah en Zandri is gekies om tydens die Oktober-vakansie in België en Nederland te gaan hokkie speel.
Karien was aangewys as die beste o.13-speler vir die o.13-toernooi.
Die ECHS-span het in die eindstryd teen Durbanville se o.14-hokkiespan met een doel verloor.