Karoo-kinders presteer by Bokkieweek

TYDENS die Winter Bokkieweek wat van 2 tot 7 Julie op Naboomspruit plaasgevind het, het spelers van Middelburg en omliggende dorpe wat die Griekwas- en Vry-staatspanne verteenwoordig het, uitstekend gevaar.


TYDENS die Winter Bokkieweek wat van 2 tot 7 Julie op Naboomspruit plaasgevind het, het spelers van Middelburg en omliggende dorpe wat die Griekwas- en Vry-staatspanne verteenwoordig het, uitstekend gevaar.

Ongeveer 3 000 spelers van reg-oor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem. Die standaard van Bokkieweek is van hoogstaande gehalte en groei elke jaar net meer en meer. Altesaam 16 unies van oor die land neem aan Bokkieweek deel.

Vanjaar was Bokkieweek se 27ste bestaansjaar. Vele Springbok-rugbyspelers, asook Protea-netbal- en hokkiespelers is deur Bokkieweek opgelewer.

Die Karoo-kinders het aan rugby, netbal en hokkie by die toernooi deelgeneem en het die Griekwaspan oor die algemeen weereens baie goed gevaar.

Vier afrigters vir die toernooi, naamlik Ina en Arijana Botha (o.16 hokkie), Johan Jacobs (o.19 rugby), Reinet Blom (o.19 netbal) en DP Spangenberg (o.13 rugby) is ook van Middelburg en Graaff-Reinet. Anna Blom wat vir die o.16 Griekwa-hokkiespan aan Bokkieweek deelgeneem het, is gekies vir die nasionale Bokkie-span wat in Oktober na Namibië toer. Eben Lategan, Heinrich Conradie, Leon Cordier en Tiaan Hirion het die nasionale o.17-rugbyspan gehaal wat later vanjaar oorsee gaan toer.

Ander lede wat ook deel was van die Griekwaspanne is: Ilke van der Merwe, Mia du Plessis, Theo Burger, Jannie Blom, Clive Green, Allister Nel, AJ Lampbrecht, Lara Barnhoorn, Marilet Blom, Elzaan Pieterse en Ilana Steenkamp.

You need to be Logged In to leave a comment.