Karoo Kosfees was ’n gastronomiese sukses

Cradock se 2022 Karoo Kosfees was ’n reuse sukses, veral danksy die plan om twee dae van die fees by Jenkins Creek aan te bied.


Cradock se 2022 Karoo Kosfees was ’n reuse sukses, veral weens die organiseerders se plan om twee dae van die fees by Jenkins Creek, sowat 12km buite die dorp aan te bied.

Die Kosfees, wat nie net op eetgoed gefokus het nie, het Vrydagmiddag, 29 April in Markstraat op die dorp begin met ’n pragvertoning van jong gimnaste wat deur Atel Theron afgerig word. Later die aand het sanger Chris Brits opgetree en feesgangers kon tot hulself geniet aan alles wat te eet en drink aangebied was.

Saterdag en Sondag het feestelikhede by Jenkins Creek se groot onthaalsaal en nog twee markiestente plaasgevind. Een van die markiestente was vol tafels en stoele waar gesellig saamgekuier kon word, terwyl 70 stalletjies in die saal en tweede markiestent opgestel was.

Vanjaar se stalletjies het allerlei produkte van Boeretroos, garnale, lekker warm skaapwolpantoffels, kunslesse, speserye, gesigrome, gevlegde mandjies, antieke meubels tot pannekoek te koop aangebied. Dié groot verskeidenheid stalletjies is goed ondersteun en van die stalletjies se voorraad het vinnig uitverkoop.

You need to be Logged In to leave a comment.