KAROO Makelaars het vanjaar weer, vir die vierde maal in ’n ry, Santam se goue toekenning as beste makelaar in die Oos-Kaapse Platteland ontvang.
Santam beskou hierdie makelary as die beste korttermynversekeringsmakelary in die Oos-Kaap.
Ander pryswenners was Gerber Botha en Gowar en Midboard wat onderskeide-lik tweede en derde gekom het.
Hierdie makelary het oor die laaste twintig jaar die goue toekenning verre-weg die meeste kere verower.