DIE Hoërskool Cradock is ’n skool met ’n ryk tradisie van prestasies en vooruitgang.
Hierdie tweetalige Karoo-skool streef daarna om Afrikaans en Engels by sy leerders te bevorder en glo dat blootstelling aan albei tale en diverse kulture tot groot voordeel is vir alle leerders. ’n Toegewyde, kwaliteit personeel is be-skikbaar om leerders te onder- steun om hul volle potensiaal op akademiese, sport- en kulturele vlak te verwesenlik.
Daar word egter ook baie fokus geskenk aan die geestelike en sosiale lewens van leerders, asook die beoefening en uitbouing van tradisies. Hierdie ses pilare word gekombineer met karakter-gebaseerde onderwys om ’n omvattende ondersteuningstelsel vir leerders daar te stel, een waarvan oud-sko-liere met lof kan getuig.
CHS se doel is om alle leerders te help om te ontwikkel in kritiese denkers en aktiewe probleem-oplossers wat die wêreld met selfvertroue kan ingaan. Hoërskool Cradock gaan met deernisvolle omsigtigheid om met elke kosbare kind wat deur ouers aan die personeel toevertrou word. Dit is inderdaad ’n voorreg om elke leerder tot sy/haar volle potensiaal, met ’n weldeurdagte plan vir môre, na die beste van hul menslike vermoë te ontwikkel. Personeel is ingestel op ’n holistiese benadering tot leerders se behoeftes en fokus daarop om hulle te bemagtig om ’n wye verskeidenheid vaardighede te ont-wikkel.
Dít dra daartoe by dat leerders as wel-aangepaste individue die lewe ná skool betree. Leerders ontwikkel in landsburgers wat in ’n geïntegreerde samelewing kan aanpas, vooruitgaan en presteer.
By die Hoërskool Cradock word elke dag as ’n nuwe geleentheid vir groei en verbetering gesien. Hier word elke seëning en gawe wat ontvang word uitgebou en leerders word ondersteun om te presteer in hul voorkeur aktiwiteite.
’n Wye verskeidenheid vakkeuses en sportdissiplines bied aan elke leerder die geleentheid om sy/haar passie uit te leef en groot sukses te behaal. By CHS lê leerders die fondasie vir ’n suksesvolle lewe.
– MEDEWERKER