Die Karoo Springbokke-netbalspelers het onlangs die Cradock-span aangevat.Foto:VERSKAF


DIE Karoo Springbokke se netbalspan was weer aan die brand die afgelope naweek toe hulle teen die Cradock-netbalspan vriendskaplike kragte gemeet het.

Cradock se eerste span wen hul wedstryd 7 – 3, terwyl hul tweede span ook hul wedstryd met 12 – 6 wen.

Die Karoo Springbokke het definitief hulle goed van hulle taak gekwyt ná jare se lang rus en meer oefening kan hulle onoorwonne maak.

Die netbalspan maak ook deel uit van die Karoo Springbokke se fees wat oor die Paasnaweek gaan plaasvind.

Spanne wat belangstel om aan die toernooi en feesvieringe deel te neem kan Shantel Hufkie by 060 377 5865 kontak. Affiliasie-gelde is R550 per span.

You need to be Logged In to leave a comment.