Karoo Springbokke vier 70ste bestaansjaar

DIE Karoo Springbokke se rugbyspan is druk besig om hulle voor te berei vir hulle 70ste bestaansjaar rugby-en-netbaltoernooi, asook hul liga-wedstryde.Die klub se feesprogram is as volg:.


DIE Karoo Springbokke se rugbyspan is druk besig om hulle voor te berei vir hulle 70ste bestaansjaar rugby-en-netbaltoernooi, asook hul liga-wedstryde.
Die klub se feesprogram is as volg:

  • 23 Februarie: Die klub bied ’n modelvertoning aan waar die klub se jong dames en seuns hulself gaan vertoon op die loopplank vir die titel van Mnr. en Mej. Karoo Springbokke. Die beoordelaars bestaan uit die klub se borge. Die vertoning sal plaasvind by die gemeenskapsaal om 6.30nm. Toegang is R20 per persoon. Talentvolle dansers en sangers sal ook die gehoor op hulle voete hou.
  • 2 Maart: Heerlike braaivleis en slaai sal verkoop word teen R70 by Shannonstraat 41.
  • 30 Maart: ’n Meet-and-greet sal by Sonskynsaal in Michausdal plaasvind. ’n Ete sal ook aangebied word teen R60 per persoon.
  • 31 Maart: Die klub se 70ste bestaansjaar feesvieringe begin by die Cradock-sportkompleks. Verskeie rugby- en netbalspanne van ver gaan aan die toernooi deelneem. Die ingangsgeld is R10 per volwassene en R5 per kind.

Daar sal ’n verskeidenheid vermaak vir die kinders wees wat onder meer springkastele, waterglybane en gesigverf sal insluit. Gelukkige trekkings en ’n disco sal gehou word by die Michausdal-gemeenskapsaal teen R20 per persoon om 8nm. – MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.